Een stamboom, een naweek, een bestemming … of nie.
Sheila, Moira, Bernadette en Cassandra reël ‘n reünie by hul jongste suster, Jo-Anne, se splinternuwe huis. Hulle wil hierdie mylpaal vier en ook die geleentheid gebruik om weer na aan mekaar te kom.
Die susters was byna drie jaar lank nie saam op een plek nie en het baie om oor te praat. Baie dinge is onuitgesproke en broeiend onder die oppervlak.
Een Oktobernaweek reis hulle van hul geboorteplek, Durban, na Johannesburg, terwyl hulle onwetend letterlike en emosionele bagasie na hierdie feesviering saamdra. In plaas van ‘n huisinwyding ontbrand skreeusnaakse en hartverskeurende verhale enkele ure later toe een suster onvermydelik op ‘n ander se tone trap.
Sister Breyani
Met hul metgeselle, kinders en werk 48 uur lank uit die pad, is tyd, sonder dat hulle dit besef en in meer as een opsig, nie aan hul kant nie.
Met: Denise Newman
Regie: Lara Bye
Première KKNK 2009
