Memory Box in Grootbrakrivier beplan ‘n kabaret met Cornelle Carstens op Donderdag 25 September ’14 tydens die jaarlikse Muse-fees.
Die program skop af met ‘n wynproe om 17:00 met Herold Wyne. Die wynproe is oop vir die publiek en om 18:00 begin die kabaret aangesien daar slegs plek is vir 20 gaste.
Cornelle se kabaret gaan aansluit by die wynproetema. Gaste kan hul voorberei vir ‘n aand vol pret en goeie oefening vir die lagspiere. Haar vertonings pas nie in die gietvorm van hoofstroomvermaak nie, maar is lewenshumor met ‘n unieke ritme en melodie. Cornelle tree op as verteller, as humoris en as spieël van haar gehoor. Haar optredes is sprekend van ‘n iemand wat haar gehoor ken en saamneem op ‘n buitengewone reis deur die alledaagse. Sy het tydens die Garden Route Casino se jaarlikse komediefees die vloer geopen vir groot name soos Frank Opperman en Hannes Muller. Kritici noem haar “witty en gutsy“ en een “en met fyn humor en intellek”. Dit beloof om ‘n aand van goeie vermaak te wees.
Herold Wines borg vanjaar se geskenkwyne vir die Muse-kunstenaars. Tydens die geleentheid skenk hulle ook twee fantastiese pryse. Twee van die aand se gaste staan die kans om ‘n geskenkbewys te ontvang. Die pryse sluit in ‘n keldertoer en kaasbord (ter waarde van R160.00) asook ‘n naweek by Herold Wyne vir twee persone (waarde is oor die R2000.00). Maak seker dat jul spoedig kaartjies koop by Memory Box – hulle gaan vinnig vlieg!
Bespreek: http://www.greatbrak.com/events.php?id=1927
