Nataniël het al saam met verskeie simfonieorkeste opgetree. Vir sy optrede saam met die Vrystaatse Simfonieorkes het Nataniël die musiek van Tsjaikofski se beroemde ballet gebruik om ’n splinternuwe vertelling te skep.
As bonus speel Charl du Plessis die variasies vir klavier en orkes op “La ci darem la mano” van Chopin wie se 200ste geboortejaar in 2010 herdenk word.
Met: Met Nataniël (verteller), Charl du Plessis (klavier) en die Vrystaatse Simfonieorkes o.l.v. Christopher Dowdeswell
Prys: R150 (6 Julie) en R120 (7 Julie)
Tydsduur: 80 min
Plek: Kunstetrust-Odeion
Datums: Di. 6 Julie 19:00 (opbrengs gaan aan die Beds of Hope-projek van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid van die UV); Wo. 7 Julie 10:30.
Die produksie word moontlik gemaak deur befondsing wat die VSO ontvang het vanaf die Nasionale Lotery.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)