Die slagter is terug!
Na jare op die pad met hierdie treffer het Jemma Kahn besluit om bietjie te rus … maar dis verlede jaar se nuus.
Jemma het nou weer haar tower-doos afgestof en bring weer ’n vars Epicene Butcher op die planke. The Epicene Butcher and Other Stories for Consenting Adults is binnekort by Alexander Upstairs in Kaapstad vir diegene wat nog nooit die voorreg gehad het om hierdie Suid-Afrikaanse treffer te sien nie.
Kahn gebruik tradisioneel Japannees-Boeddhistiese tegnieke van storie vertel uit die 12de eeu om sewe unieke kontemporêre stories oor te dra aan haar gehoor.
Die stuk is ’n mengelmoes van manga, seks, gotiese rillers en popkultuur wat gehore van hier tot in Europa in vervoering gehad het.
As jy een maal per jaar in die teater kom, is dit die stuk wat jy wil sien.
Met: Jemma Kahn
Regie: John Trengove
Teks: Gwydion Beynon
Illustrasies deur Jemma Kahn, Carlos Amato & Gwydion Beynon
Alexander Upstairs, Kaapstad
27 tot 29 Augustus 2019 en 3 tot 6 September 2019

