Bouwer en Lucinda het onlangs ’n 7 snit kortspeler opgeneem.
Bouwer Bosch, voorsanger van die SAMA-genomineerde rock groep Straatligkinders en die acoustic pop duo Dans Dans Lisa is bekend vir sy diep reflektiewe en eerlike aanslag tot musiek en lewendige optredes.
Bosch en Lucinda Neethling, voorsanger van Die Melktert Kommissie, se vertoning bestaan uit Bouwer se bekendste liedjies en Lucinda se tydlose treffers. Lucinda het haar musiekloopbaan begin op die jong ouderdom van sestien toe Die Melktert Kommissie die eerste Jip Rockspaaider Kompetisie gewen het in 2002.
Bouwer en Lucinda is by Die Boer Teater Restaurant op 29 Augustus 2019 om 20h30.
Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by 021 979 1911.
