Al ooit gewonder wat gebeur op die verhoog in die uur voor ’n vertoning by ’n kunstefees begin? Die antwoord is ongelóóflik baie.

Benut ’n seldsame kans om hierdie gekke, snaakse, spanningsvolle uur met akteurs en tegnici te beleef. Jy gaan lag en dan gaan jy minder lag in dié produksie wat as komedie wegspring en by knop in die keel eindig.

As jou kinders emigreer is die vooruitsig van Skype op ’n Sondag met kleinkinders wat Engels praat, ’n skrale troos.

Spesiaal vir diesulkes en ander wat sit met ’n gat in die hart; ook vir feesfoendies, en almal wat nog nooit agter die skerms in ’n teater was nie.

* Debuut *

Met: Frank Opperman, Joanie Combrink, Antoinette Kellermann, Anthea Thompson, Esther von Waltsleben, Geon Nel, Aphiwe Livi, Wolf Britz, Melanie Scholtz

Regie: Wolf Britz en Nicole Holm

Teks: Saartjie Botha
Stelontwerp: Wolf Britz
Tegniese regisseur: Brechmari van Wyk
Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp

Toutjies en Ferreira
Genre: Drama / Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 2 uur
Kaartjies: R130
Plek: Beeld Ouditorium, Potchefstroom
Datum: 3 Okt 11:00 4 Okt 13:30 5 Okt 10:00 6 Okt 10:00

Aardklop 2018


Toutjies en Ferreira

Frank Opperman
Frank Opperman


Toutjies en Ferreira


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply