Vinger-Alleen

Lindie Stander speel ´n aktrise wat afgedank is na sy verseg het om by die teks te bly in ´n produksie van Medea (verlede jaar se Man-Alleen) en besluit om die Drama vaarwel te roep. Sy kry werk as ´n nutspersoon in die teater en moet ´n krisis in ´n venue oplos, waar daar elektrisiteitsprobleme is. Soos sy werk, word interaksie met die gehoor bewerkstellig en word sketse oor ´n verskeidenheid aspekte gelewer. Skerpskerts gedeeltes word by die omstandighede aangepas en sy ondersoek ook heilige koeie en plaaslike gebeure op ´n skerpsinnige, satiriese wyse.

Die produksie is geskep deur die span wat reeds hul slag bewys het verlede jaar met Man-Alleen, wat groot byval gevind het by gehore op al die Kunstefeeste, en ook deur kritici baie goed ontvang is.

Die produksie is uniek omdat dit skerpskerts sketse bevat deur die enigste Afrikaanse vroulike skerpskerts (Stand-up) komediant in die land.

Die teks is deur Lindie Stander en Gaerin Hauptfleisch met Hauptfleisch wat ook die regie behartig.

Stander is op die pas afgelope KKNK ook benoem vir ´n Kanna Toekenning vir haar vertolking in Vinger-Alleen.

Lewer kommentaar

Leave a Reply