Met die getrippel van klein voetjies kom reuse-groot skoene om te vul.

Die komediant en akteur Hannes Brümmer ondersoek in sy tweede volwaardige Skerpskerts-solovertoning die impak van ouerskap op ’n voormalige punk in plakkies, wat nou ’n tuisbly-pappa in pantoffels is.

Met ’n siniese blik en sy tong ferm in die kies word daar nie doekies omgedraai oor die vrese, vreugdes en verantwoordelikhede van pa-wees nie.

* DEBUUT *

Met: Hannes Brümmer

Regie: Neels Clasen

Deur: Hannes Brümmer

Stelontwerp: Neels Clasen

Vervaardiger: Maaskaas Produksies en GZ Produksies

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: – 14
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R110
Plek: NWU Roots, Potchefstroom
Datum: 5 Okt 21:00 | 6 Okt 18:00

Computicket Kaartjieskakel: http://alturl.com/7p53b

Aardklop 2017


Wie’s jou pappa?


Wie’s jou pappa?


3

Lewer kommentaar

Leave a Reply