WolkKop is ’n kritiese ondersoek na die absurde aard en doel van ons bestaan.
Deur teater as kunsvorm in te span as ’n metafoor vir die lewe konfronteer hierdie produksie die raaiselagtige, verwarrende en dikwels brutale aspekte en vrese in ons lewens.
WolkKop was in 2014 die wenner van die ATKV se nasionale tienertoneelkompetisie.