#Woordfees Fiela se kind

In 1999 word Fiela se kind, ná ’n meningsopname by biblioteke landswyd om die 100 gewildste boeke aan te wys, as die Afrikaanse boek van die eeu bekroon.

Benjamin was ’n kind van die ooptes, die Lange Kloof, waar hy omring was deur mense wat hom liefgehad het. Skielik word hy van alles weggeruk en bevind hy hom in die ewigdurende skemerte van die Knysna-woud, omring deur mense wat min liefde vir hom het en hom Lukas noem.

Beide Fiela en haar grootmaakkind Benjamin loop ’n traumatiese pad – Fiela om haar kind terug te kry en Benjamin/Lukas om homself weer te vind, totdat hy teen die einde weet: “Ek is Benjamin
Komoetie, Fiela se kind.”

* Debuut *

Met: o.a. Lee-Ann van Rooi, Charlton George, Waldemar Schultz, Nicole Holm, Luke White, Carla Smith, Wian Taljaard, Joanie Combrink, Cantona James, Tomley van Vuuren, Patricia Baadjies en Chanté Plaatjies

Regie: Juanita Swanepoel
Teks: Dalene Matthee
Teksverwerking: Suzanne van Wyk
Teksaanpassing: Waldemar Schultz

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R120 | R60 (skoliere – groepbesprekings) | R140 by die deur
Plek: Stadsaal, Stellenbosch
Datum: 7 Maart 15:00, 8 Maart 15:00, 10 Maart 15:00, 11 Maart 10:00 en 16:00

Woordfees 2016

Fiela se kind,
Roekeloos,
26 Januarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply