Na ’n lang en gelukkige huwelik begin Raymonde aan haar man se getrouheid twyfel as hy skielik belangstelling in seks verloor.
Met ’n vriendin se bystand bedink sy ’n skelmstreek om hom te toets by ’n hotel met ’n bedenklike reputasie.
Die stuk is ’n wilde reis van verkeerde aannames, noue ontkomings, geheime eskapades, gekke toeval en wit leuentjies wat kleur kry.
Hond se gedagte word allerweë beskou as die grootste klug van alle tye.
* Debuut *
Met: Louw Venter, Lorraine Burger, Sandra Prinsloo, Neels van Jaarsveld, Albert Pretorius, Martelize Kolver, Wikus du Toit, Pierre Breytenbach, June van Merch, Oscar Petersen, De Klerk Oelofse, Hannah Borthwick
Regie: Christiaan Olwagen
Teks: Georges Feydeau
Vertaling: Nerina Ferreira
Stelontwerp: Rocco Pool
Kostuumontwerp: Birrie le Roux
Klankbaan: Charl-Johan Lingenfelder
Genre: Klug
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 2 uur 15 minute (met pouse)
Kaartjies: R120 | R140 by die deur
Plek: Stadsaal, Stellenbosch
Datum: 4 Maart 20:30, 5 Maart 17:00, 6 Maart 11:00 en 16:00, 12 Maart 20:00, 13 Maart 16:00
Hond se gedagte,
Roekeloos,
26 Januarie 2016.