#Woordfees Net ‘n chilli burger en chips asseblief!

Net ‘n chilli burger en chips asseblief!,
Roekeloos,
3 Februarie 2015.

‘n Komedie wat afspeel in ‘n burger joint in Parow of Stellenbosch of so.

Die vennote: Bruwer en Burger. Maar wat is ‘n lekker burger, wie s’n die ware Jakob? En sal die vennoot-skap Bruwer se fassinasie met Kokkedoor en Masterchef, sy kooklesse by baaskok en über-kosblogger Burger Schlebusch oorleef? Gaan Bruwer se filosofiese ondersoek na die be-tekenis van kos, die grappies met sy naam, ‘n tol eis? Geen pluimvee of verskaffer van rooi-vleis word in die produksie beseer nie.

Met: Waldemar Schultz en Chris van Niekerk
Regisseur: Gaerin Hauptfleisch
Teks: Ferdinand Bekker
Vervaardiger: Stercus produksies

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 75 minute
Kaartjies: R 120
Plek: Drostdy-teater, Stellenbosch
Datum: 7 en 13 Maart 13:00 | 10 Maart 20:30

Woordfees 2015

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply