#Woordfees Stamlint

Stamlint
Roekeloos
24 Februarie

’n Jong vrou word weens haar ma se stryd teen kanker gekonfronteer met die geheimsinnige, sluimerende invloed van haar genetika op haar lewe.

Haar drome, herinneringe en grepe uit haar lewe neem die gehoor op reis na ’n nuwe bewussyn, ’n ander bloudruk wat deur haar are vertak, ’n komplekse krag wat ontgin kan word as sy haar oerverbintenis met die gode verken. Wat bepaal ons lot: ons denke en dade of ons DNS?

Met: Marí Borstlap
Produksiehuis: Dubbelpunt [:] Produksies
Choreograaf: Ina Wichterich-Mogane
Oorspronklike musiek in samewerking met Wilken Calitz
Teks en regie: Marí Borstlap

Woordfees 2014

10 Maart 20:30 | 11 Maart 13:00 | 16 Maart 16:00 | kykNET Fismer, Stellenbosch | 50 minute | R80 | Geen o/13

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar