60 Seconds in Londen

Anger.
That’s how it begins.
Welling up, tearing out pieces of soul
And destroying them. Pain.
Of being uncared for and neglected.
Swollen heart and eyes cut you off
From the outside.

Hate.
For the pain you have been subjected to.
Not sudden, but gradual, like an attack
Of a fatal disease.

Doubt.
That people can change.

Fear.
That they cannot.

That you will not know the difference.
That you will once again be the victim.
That your life is lies.
That the truth is real.
That you cannot escape.
Fear that grows.

-Anonymous-

09:56:06
My kollega vertel vir my van die probleme op die tubes. Ek dink onwillekeurig dat ek bly is dat dit nie Woensdag is nie – ek was klaar so geïrriteerd met almal wat my vasgedruk het tydens spitstyd….

Kognisie
Intellek
Geloof
Vrees
Niks..

09:56:19
Ek moet uitvind waaroor dit alles gaan. Gelukkig is die TV in een van die klaskamers aan. BBC versprei alle gru-detail so gou as moontlik. Alles wat ons oor gespekuleer het, het waar geword. Talle braaivleis-vure is getemper deur die moontlikheid van vasgekeer wees op die tubes. ‘Dit moet mos terroriste wees.. Drie stasies in ‘n uur? Maar waar kom die bus dan nou in? Ken ek iemand wat in die stad werk? O Vader, ek moet hulle kontak. Uitvind of hulle orraait is. Die selfone werk nie.’

09:56:31
Personality disorders consist of maladaptive patterns of motivated behaviour that are usually evident for at least several years.
– JD Dowson
‘Dit kan mos nie ‘n normale mens wees wat dit gedoen het nie? Wat van hulle familie en vriende? Wat het gebeur om hulle in sulke monsters te verander?’

09:54:40
Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland uit slawerny gelei het. Jy mag geen ander afgode voor my aangesig dien nie. Jy mag nie doodslaan nie.
– Exodus 20
‘Ek weet ons mag nie doodslaan nie, maar daar moet darem seker ‘n ‘deal’ wees. Ons mag darem seker ook nie doodgeslaan word nie…?
Ruk jou reg. Jy’s gelowig.’

09:54:43
Fear is not the natural state of civilized people.
– Aung San Suu Kyi
‘Ek moet vanmiddag in stad toe gaan vir ‘n vergadering. Wat is die nommer? Ek moet kanselleer. Die paaie gaan te besig wees. Ek sal nie op die tubes kan travel nie. Ek’s (nog nie) nie bang nie. ‘n Mens tart mos net nie die noodlot nie.’

09:54:54
Expats in Londen: selfs al is daar elke week ‘n aanval soos gister s’n in Brittanje, is jy nog steeds veiliger daar as in jou ma-hulle se huis in Pretoria. Bly daar, trotseer maar ‘n bom nou en dan, en dink aan ons wat 365 dae van terreur per jaar beleef.
Litnet Briewe: – Anton B
‘Ek’s ‘n sogenaamde ‘expat’. Nee, dis nie SA met al sy terreur nie. Nee, dit is nie alarms en diefwering nie. Maar dit is weerloosheid. Geen voorbehoed en / of vermyding nie.’

Elkeen se vrees en pyn bly uniek.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar