Beste dagboek, Ja jy sal wonder waar ons was hierdie afgelope naweek … nee niks gemis nie, net ‘n vrou op ‘n missie om ‘n ontspanne naweek te hê en van alles weg te kom. dit was ‘n besige afgelope tyd die laaste paar weke met ‘n trek (verhuising), van my motorfiets afgeval (ek’s nou nog m@*rig), klaende kliënte van die oggend tot aand…. en toe nog ‘n eks wat onnodig demanding raak…. ag jy ken mos hoe dinge kan skeef loop .
Op die ingewing van die oomblik, besluit ek om my tent (3-man) in die kar se boot te laai met kinders en niks kos, gewapen met ‘n kaart, die pad te vat om te gaan ontspan . is eers laat by die huis weg, met gevolg ons kom donker daar aan . was ‘n paar jaar terug daar, so dinge kom geleidelik terug, maar geheue is steeks . ha ha ha .
Verdwaal ietwat, maar kry toe ‘n bekende visvangplek waar ek al was en weet dit is spotgoedkoop (R108) vir my & kiddies en besluit dis dan waar ons sal slaap….
Maar ken ook visvangmanne en weet hulle waardeer nou nie eintlik ‘n geraas waar daar moet stilte wees nie…. so sjuut-sjuut ek die kinders in die donkerte, want sit jy ‘n lig aan is dit net goggas-galore . en my kar het ‘n ligte interior, nie gogga vriendelik nie . maar ek wil naby genoeg tent opslaan vir beskerming teen ongewenste gediertes….
Man, maar dis warm en bedompig en dis goggas, en dis vrekdonker .. al is die maan byna volrond ..
Ek is in en uit die kar se boot . sakke uit en tentpale uit en en en .. jy weet mos hoe’s kinders, wil ok maar net help .. en daar beland een tentpaal mos in die kar, maar die skelm is dood . slaan tent op met net vier pale in stede van ses .. nou soek ek en soek ek . boot oop, boot toe, sakke uit, sakke in . selfoon na aan pap, kannie sy torch lank brand nie . ag, d@nner, ek gee moed op en sê: nou ja, dis warm, swoeg en sweet, is nog in kantoordrag, ablusieblok is te ver, ek trek sommer top uit en swoeg verder net in bra (dankie tog vir donkerte). ha ha ha . toe tap die sweet want ek sien ek sal weer moet tentpenne omruil as ek sonder een stel moet gaan want hulle kruis nie eers nie . kinders moan . ag ma, nie alweer nie!!!!! Tent staan toe naderhand, maar wankelrig .. ek dink .. "dis vrek warm, al wat ek wil doen is rustig sit met iets kouds" . maar dis my nie beskore nie . gee dit op as ‘n "bad job" en bekyk die storie so en blameer my eie stupidity .. wat het ek gedink !!!! ha ha ha .
Kom tot ruste .. en kruip naderhand in . met tentflap oop en waardeer die pragtige maan se skyn op water en rustigheid . raak rustig weg .
Sjoes!, sjoes!, word ek wakker van ‘n rukwind wat knope waai soos slegs Tafelberg ken . nee, sê ek vir myself dit was ‘n oomblik gelede snikkend warm . sien hoe vissermanne stokke los om in kar te gaan skuil . sal maar wag tot eerste druppels val, want ek hoop dit is nie so nie .
Nie lank nie, en ek sien ek sal moet dakkie opsit en nou is dit weer ‘n geskarrel in donkerte vir tentpenne . my handpalms is suf van penne indruk, want ek sit net weer lekker beskut toe se die wind een woerts en daar gaaaaat onse dakkie . is weer daar uit met ‘n spoed, tent opening se zip sal nou besluit vandag sit ek vas, kry nie die zip gemove nie, zip is stuck . 60 cm grote gat!!!! Sit weer dak op en wonder of dit gaan hou die slag!!
Skuif kinders na anderkant van tent en gebruik voete om in te staan vir tentpen wat missing is . en dit reën asof daar droogte is . snaaks genoeg reën ek nie ‘n drippel nat nie . ek bid (enigste oplossing) en voel soos Paulus van ouds wat so slaap dat ‘n engel hom moes wakker skud in die tronk .. ek en kinders slaap deur die hele gewoed soos babas, kan nie onthou wanneer laas ek so lekker geslaap het nie . en raai wat, daar kry ek toe die verlore tentpen op die voorste sitplek in die kar .
Ag nou ja, daai vissermanne het seker gedink : Kan net ‘n vroumens wees .. Ha ha ha !!!
Ons is toe op en uit .. brekfis gaan eet by Wimpy en is toe dieretuin toe, als bekyk, bevoel en bewonder! Slange & seeleeus . boot gery en middag ete gaan eet by Tan’ Malie se plek (ook nie meer dieselfde as wat ek dit geken het jare terug nie) .. te kommersieël geword .. niks van boeretyd oorgehou nie, als gaan deesdae net oor geld .. baie warm gewees, maar darem nie weer moes hemp uit – trek nie . meisiekinders sal my nooit daai ene laat vergeet nie .
Die kiddies vra wanneer doen ons dit weer .
N xXx
PS: Weet nou nog nie waarvoor die ekstra tentpaal is nie, dis helfte korter as ander . sal moet lesse neem in tent-opslaan . jy sal nie glo hoe gebuig die tentpenne is nie, lyk soos oorlog oorblyfsels … hoekom laat mans dit altyd so maklik lyk?
skrywer: Nidea Venter
