Boerpot 9

Dit was net voor vyf in die middag toe die mans terugkeer met al die partytjievoorraad. As ek die storie so bekyk word hier goed gesuip vanaand. Ek hou nie werklik van dit wat hier gebeur nie, maar wat sal ‘n man nou maak. Ek het vir Jani nog nie met ‘n oog gesien nadat sy in trane uitgebars het nie. Ek hoop sy dink al aan ‘n manier hoe sy van hierdie klomp parasiete ontslae kan raak. Martin en Pieter wil net die drank begin skink toe Gertina darem ingryp. Sy sê dat ons niks gaan drink voordat ons eers geëet het nie. Sy sê dat sy nie verniet haarself voor die potte afgesloof het nie.

Met ete vertel Jani toe aan oom Ouboet dat ons môre hulle motor sal inneem om te laat herstel en dat ons hulle sal huis toe neem. Ouboet lyk half verergerlik deur die idee van huiswaarts keer. Ek is nogal verbaas, met die ete gedra Ouboet se kinders hulle darem nie alleen sleg nie, maar van Martin se aardige vriende pas goed by hulle aan. Van hulle breek harde winde aan tafel op.

Die ete is klaar en die drankies word geskink. Met die geleentheid pas Ouboet weer goed aan by van Martin se tjommies. Die een drankie na die ander word geskink. Musiek word op hulle hardste gesit. Daar is nou sommer nog vreemde mense wat ook nou by ons aangesluit het. Martin het hulle genooi. Gou word ons huis omskep in ‘n jol. Dit lyk of Jani nou wil vrede maak en sy neem plek langs my in. Sy sê my dat sy nou genoeg van hierdie stories gehad het en sy belowe my dat sy van haar familie ontslae sal raak. Ek is bly dat ons nou oor dinge saamstem. As Ouboet en Gertina uit ons lewe is raak ek maklik, maklik ontslae van die res. Ek en Jani sit nog en kyk hoe die ander hulle kleinlik gedra, toe ons ‘n moerse slag hoor. Met die slag is die musiek stil. Dit was Buks een van Oubaas se werpsel wat die hoëtroustel van die kas af gedonder het. Daar lê my hoëtroustel in stukke op die vloer. Almal is eers stil. Oubaas trek sy seun aan die oor nader. Hy sê: “jou gatvelle trek ek vanaand af”. Ek probeer die vrede bewaar deur te sê dat ek juis ‘n ander een wou koop en dat hulle maar die ander hoëtroustel kan gebruik. Dit is ook nie werklik of Ouboet Buks se gatvelle kan aftrek nie. Ouboet is al van vroeg af al lekker besope.

Almal is lekker vrolik behalwe ek en Jani. Ons sit nog almal so en aangluur toe ek hierdie sexy lyfie voor my sien in beweeg. Toe ek die gesig sien was ek skoon verbaas. Dit was Martin se vangs van nou die aand. Cindy, Jani se vriendinnetjie. Ek verstaan net nie hoekom my oë so laat moes oopgaan nie. Dis asof ek nou met ander oe na die lewe kyk. Vreemde vrouens lyk nou “lekker”. Dit voel vir my of my huwelik half op die rotse is. Ek wens net dat hierdie aand nou verby kan gaan sodat almal weer huis toe kan keer en ek aan my huwelik met Jani kan werk. Ek voel depressed. Jani lyk depressed. Ek stel toe voor dat ons maar die laaste aand saam met die klomp moet geniet. Ek vra aan Jani of sy ‘n ietsie te drinke sal neem. Jani antwoord onmiddellik met ‘n hoorbare “Ja”. Ek roep vir Martin nader en beveel hom om vir ons twee doppe te skink.

Martin is terug met ons dop. Gou verorber ons elk vier glase van die duiwelskoeldrank en gou verander ons gemoed ook. Alkohol bly maar ‘n bliksem. Dit lyk amper of Jani nou by my tjommies aanpas. Sy gesels lekker en maak vuil grappies. Uit die bloute tik Cindy my op die skouer en vra of ek nie wil dans nie. Waar het jy al gesien ‘n man sê nee vir so sexy chick. Die meubels word weggeskuif om die woonkamer darem meer die effek van ‘n jol te gee. Ek en Cindy open nogal die baan. Op daardie oomblik toe ek Cindy se soepel lyfie in my arms vat kon ek my net self indink wat nou deur Jani se kop gaan. Tot my verbasing lyk sy nie eers kwaad of iets nie. Om die waarheid te sê, dit lyk of sy enige tyd gaan omval. Martin het seker weer haar dop gedokter. Wel as sy nie vanaand by is nie, kan ek my seker maar bietjie geniet. Ons was tog deur so baie die afgelope ruk en ek dink ek verdien dit om myself so bietjie te geniet. My aandag is weer terug by Cindy se boudjies. Dit is ‘n slow song. My hande kafoefel oor haar kurwes. Nou is dit weer Martin wat nie te ingenome met my lyk nie. Ek het vergeet hulle is mos nou ‘n item. Vinnig breek Martin ons op en hy sê hy dat hy maar die dans sal vêrder vat. Cindy dring daarop aan dat ons eers die lied klaar dans. Ek dink sy hou van my lovers hands. Maar in elk geval kry Martin weer sy sit en ons maak die dans klaar. Toe die dans ophou bedank Cindy my. Ek besluit toe om ‘n draai by Jani te gaan maak. Ek wou nog met haar begin praat toe Martin haar voor my wegraap. Die bloue bliksem! Wat sal nou deur sy kop gaan. Hy gaan met haar dans. Ek sien dat Jani nou in ‘n ander wêreld is en ek weet dat sy nie onder normale omstandighede so sal in gegee het nie. Hulle dans te lekker saam en ek kan sien dat hy haar betas. Ek wou net opstaan en die spul mense nou vir eens een vir altyd soos honde uit my huis jaag, toe Jani die spanning vir my breek. Sy het oor Martin se skouer op gebring. Lekker, hy wou mos by ander se vrouens aanlê. Dit is nou my kans. Ek maak of ek Jani van sy skouer af wil help toe ek hom per ongeluk op sy bek bliksem. Martin tree terug en sê iets van: “nou gaan hy kak!”

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | Slot

skrywer: Charl Viljoen

Charl Viljoen
Charl Viljoen

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Terug pieng: Boerpot | Roekeloos

Lewer kommentaar

Leave a Reply