Ou Moeder Hubbard Squash

Stuur jou verhale na bydraes by roekeloos.co.za

Ek is ‘n mamma. Nie van kinders of katte nie. Nee, baie baie meer delikaat as dit: 10 malva plante, 5 van-die-saadjie-af-gegroeide miljoeners tamatieplantjies, 5 butternut plantjies – vir hulle is ek die liefste en al klaar is ek besig om 2 te verloor en moes ek nog ‘n een begrawe, 3 courgettes, 3 sweet pointed peppers (of dalk is daai drie onkruid en die 9 ander peppers – gevolglik sal ek nou maar als wat groei laat groei omdat ek nie weet hoe ‘n pointed pepper se blare lyk nie), cinamon basil, sweet balm, lemon verbena, gewone basil, lavender, koljander, pietersielie, KRUISEMENT vir mamma se kruisementkoeldrank met trace amounts of alcohol, ‘n regte egte Engelse busy lizzy, ‘n boom wat ek nie weet wat hy is nie, maar ek het hom gered en uitgeplant, en twee pers uie wat ek sommer net so in die pot gesteek het en nou nie weet wat om mee te doen nie.

Dit mag dalk vervelig klink, maar ek kan nie verstaan waar die sêding vandaan kom van kyk hoe plante groei nie (of nee wag, ek dink dis verf wat droograak). Dis vir my die lekkerste ding om saans laat tussen my plantjies te gaan sit en letterlik te kyk hoe hulle groei. En kan hulle nie groei nie!
Ewenwel.

Ek koester my plantjies en dra duisende kere ‘n dag ‘n liter beker vol water buitentoe om die verdooiste van die lotjie hoop te gee. Ek pak stoele vir skaduwee en gooi kompos rondom die lot, maar dit lyk asof die hitte (jip, today’s gonna be a scorcher at 27 degrees) hulle onderkry.
Helaas en vaarwel.

skrywer: Dedri Strydom

Lewer kommentaar

Leave a Reply