1000+ Wenke vir die huis gee jou in ’n japtrap al die kortpaaie om sake in en om jou huis netjies en agtermekaar te hou. Elke trotse huishouer of ouer het dié boek nodig as nuttige naslaangids en bron van inspirasie.
’n Hele rits onderwerpe word gedek, van veiligheid in die huis tot skoonheidswenke, die instandhouding van elektroniese ware tot tuinmaak.
Die wenke is kort en bondig en waar nodig in maklike stappe opgebreek. Die hoofstukke is volgens kleur ingedeel, en aan die einde van elke hoofstuk is daar plek vir jou eie notas.
Van die vrae waarop jy antwoorde sal kry is:
• Hoe kan jy spaar deur eenvoudig beter te beplan?
• Hoe kan jy groener lewe? (Omgewingsvriendelike wenke word deurgaans met ’n simbool aangedui.)
Die boek is ook in Engels beskikbaar as 1000+ Hints for the home.
1000+ Wenke vir die huis / deur Solet Scheeres — Human & Rousseau, 16 April 2012. — 280 p. ; sagteband. — ISBN 9780798154970 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: 1000+ Wenke vir die huis, Solet Scheeres
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)




Bespreking
Geen kommentaar vir “1000+ Wenke vir die huis”