Katalekte

Die subtitel “artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan” dui reeds op die belangrikste temas in Breyten Breytenbach se nuwe bundel: afskeid, verganklikheid, die dood.

Maar tog is daar ook, soos altyd, gedigte wat ’n viering is van die lewe en van die liefde. Katalekte vorm ’n drieluik met sy vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. Soos voorheen, gedigte wat aards is én liries, sintuiglik én abstrak, eenvoudig én kompleks, onthutsend én teer. En steeds, die assosiasie van letsels, oorblyfsels, flardes, van onvolledigheid. En uiteindelik, ’n oorgang na “die bevryding van onsigbaarheid”.

Die boek sluit 20 afbeeldings in kleur in, van pampoen tot nar: ’n integrale deel van die teks.

♦♦♦

Katalekte
Katalekte

Katalekte / deur Breyten Breytenbach — Human & Rousseau, 4 November 2012. — 224 p. ; sagteband. — ISBN 9780798157926 :

R220.00

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Katalekte, Breyten Breytenbach

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply