Wie’s bang vir Virginia Woolf?

Om getroud te wees is nie vir sissies nie.

Edward Albee se klassieke verhoudingsdrama stel ’n jong getroude paar bloot aan ’n oorlog tussen ou getroudes in ’n nag van verwyte, verraad, ontboeseming en versinsel.

Dis ’n waansinnige maar bekende blik op wat mense aan mekaar doen: uit liefde, uit selfbehoud, wanneer drome en ideale nie realiseer nie en mense opgeskeep sit met mekaar. Huweliksmaats wat mekaar genadeloos uitoorlê en in die proses bewys dat min dinge so snaaks is soos gemeensame wreedheid tussen bekende partye.

Met: Sandra Prinsloo, André Jacobs, Wessel Pretorius en Greta Pietersen
Vertaling: Saartjie Botha
Regie: Christiaan Olwagen
Vervaardiger: Saartjie Botha

* Première *

Aardklop 2103

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/16
Plek: kykNET Gimmies, Potchefstroom
Tydsduur: 120 minute
Kaartjies: R120
24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 12:30, 26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 09:00, 28 Sept. – 12:30

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar