Baklei oor die berg

The Sentinel, ‘n berg van 321 meter in Houtbaai, Kaapstad word binnekort opgeveil, in weerwil van plaaslike inwoners en die owerhede se gevoel hieroor. Die berg is nooit amptelik vernoem nie, en daarom kan die koper die berg na hom- of haarself vernoem. Volgens die plaaslike owerhede behoort die berg deel te wees van die Tafelberg Nasionale Park. Plaaslike inwoners gaan ‘n betoging hou om die veiling te probeer keer. Voornemende kopers sluit in: Oprah Winfrey, Sol Kerzner, Donald Trump en Bill Gates.

Lewer kommentaar

Leave a Reply