Gevaarlike gevriesde groente

‘n Oos-Kaapse vrou het R100 000 van Shoprite/Checkers ontvang nadat ‘n boks gevriesde groente op haar geval het, het Dispatchonline Donderdag berig.

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het ‘n eis van R100 000 aan die 46-jarige Delene Minnie Adams toegestaan nadat sy die winkelgroep oorspronklik vir R300 000 gedagvaar het.

‘n Toring bokse met gevriesde groente het in Junie 2008 in een van die winkelgange in die Shoprite in Cleary Park omgeval en het Adams, wat van Port Elizabeth is, op die skouer getref.

Shoprite moes hoes ná bokse op vrou val

Lewer kommentaar

Leave a Reply