Hier is ‘n lys van 2013 se beste boeke. Soos dit met meeste lyste gaan is die een ook uiters subjektief:
1) The People in the Trees
Boaan die lys is Hanya Yanagihara se The People in the Trees. Die boek sal met jou kop smokkel. Dit is aangrypend en ‘n mengsel van avontuur, riller, botsende kulture en die prys van die ewige lewe. Mens kan amper nie glo dit is Yanagihara se eerste boek nie.
Koop / Buy The People in the Trees (sagteband)
Koop / Buy The People in the Trees (eBoek)
2) Rustication
Rustication is op die lys vir die eg Victoriaanse gevoel wat Charles Palliser skep terwyl hy die geheime en die misdaad in die dorpie Thurchester ontrafel.
Koop / Buy Rustication (sagteband)
Koop / Buy Rustication (eBoek)
3) How the Light Gets In
Louise Penny se inspekteur Armand Gamache maak sy negende buiging in haar jongste boek – How the Light Gets In. Dit word deur baie mense beskou as die beste Gamanche-avontuur nog. Gamache begin met ‘n ondersoek na die verdwyning van ‘n bekende wêreldfiguur, maar later is sy eie selfbehoud op die spel.

Koop / Buy How the Light Gets In (eBoek)
4) Twenty-First Century Science Fiction
Twenty-First Century Science Fiction is ‘n enorme kortverhaalbundel – naby aan 250 000 woorde -geredigeer deur twee van die mees gesogte en bekroonde redakteurs in die veld van wetenskapsfiksie, met nuwe stories van ‘n paar van wetenskapsfiksie se jongste talent.
lees meer oor Twenty-First Century Science Fiction >>
Koop / Buy Twenty-First Century Science Fiction
5) Lost Girls: An Unsolved American Mystery
Die bekroonde joernalis Robert Kolker lewer ‘n meesleurende getuienis van die soektog na ‘n reeksmoordenaar. Een wat steeds op vrye voet is in Long Island, New York. Lost Girls: An Unsolved American Mystery is ‘n boeiende ware verhaal van onopgeloste moord en Internet prostitusie.
lees meer oor Lost Girls: An Unsolved American Mystery >>
Koop / Buy Lost Girls: An Unsolved American Mystery (sagteband)
