Biegbrief en ander verhale

Biegbrief en ander verhale
Roekeloos
1 Junie

Van die skrywer van trefferromans soos Kinders van die Sabbatsee en TV-reekse soos Meeulanders kom hierdie kortverhaalbundel vol vroue en hul planne, vroue wat smag na verandering, smag dat hul lewe kan begin – wéér kan begin.

Dit is verhale só lewenseg, soos ’n Italiaanse rok teen halfprys … nee, soos verbrande viskoekies en mash!

Nee, ant Millie, het Annalise gedink, ek gaan nie net my hare verander nie. Ek sal sommer vir ’n totale makeover gaan. Ek is nou moeg en siek en sat daarvoor om ’n ou lieslap te wees. Ek wil ook ’n slag soos ’n million dollar babe voel! En Petrus sal betaal. Hy sal elke sent betaal.

En het Petrus betaal? Moenie eens vra nie! Vra eerder: Het Annalise se plan gewerk? En nie net hare nie, want wat van ant Liefie se gespook – ja, letterlik – om haar kamer in Huis Viljoenshof te behou? En Aletta plan om ná hoeveel jaar weer ’n roering in haar man se … uhm … hart te bewerkstellig?

Maar weet een ding, waar daar ’n plan is, is daar ’n kinkel, want die lewe het sy eie planne. En Esta Steyn kén die lewe, en sy kén sy kinkels.

Biegbrief en ander verhale
Biegbrief en ander verhale
Biegbrief en ander verhale word op 20 Junie 2014 vrygestel.

Biegbrief en ander verhale [teks] / deur Esta Steyn — Tafelberg, 20 Junie 2014 — 224 p. ; sagteband. — ISBN 9780624068457

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar