Die ander Marta

Eleanor Baker se Die ander Marta het as tema die “dienende Marta” wat met al haar verborge verlangens en vrese aanhou om haar rol gedienstig te vervul, maar dan deur ’n groot ingryping (hier grotendeels deur haarself geïnisieer) geleidelik bevry word.

Die Marta van die titel is ’n middeljarige boervrou wat op ’n dag breekpunt bereik, die motor vat en wegry na die Weskus met die idee om ’n einde aan alles te maak. Maar haar selfmoordpoging misluk en sy vind ’n tydelike heenkome in ’n eenvoudige klein vissersgemeenskap. Die verhaal fokus ook op haar man, Hendrik, se reaksie nadat hy agtergekom het sy’s weg, en hoe hy ook uiteindelik tot ander insigte kom.

Die spel tussen man en vrou in ’n “gebonde” situasie word vindingryk weergegee, en die verwikkelde grein van ’n emosioneel verwaarloosde vrou soos Marta word met fyn insig geteken. Die menslikheid en humor waarmee Baker alledaagse ervarings uitbeeld, is een van die redes waarom haar boeke so gewild is en sy soveel lojale lesers het.

Die ander Marta
Die ander Marta

Die ander Marta / deur Eleanor Baker — Human & Rousseau, 16 April 2012. — 256 p. ; sagteband. — ISBN 9780798157544 :

R195.00

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Die ander Marta, Eleanor Baker

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply