Die Eerste Anglo-Boereoorlog breek uit in 1881. Dit is ook algemeen bekend in Afrikaanse geledere as die Eerste Vryheidsoorlog.

Dit begin met die Boeremagte wat Natal binneval. Op 27 Februarie by die Slag van Amajuba verslaan kommandant-generaal Piet Joubert se mag ’n sterk Britse mag onder generaal GP Colley. Colley en 92 van sy manskappe sterf. Die Boeremag verloor een manskap.

Die oorlog het reeds in 1880 ’n moontlikheid geword toe die Boeremagte Heidelberg op 16 Desember beset. Luitenant-kolonel Philip Anstruther en sy mag word by Lydenburg verslaan deur kommandant Frans Joubert. Op 18 Desember beset die Boeremag Potchefstroom. Die Engelse garnisoene word ook beleer in Pretoria, Standerton, Marabastad en Rustenburg.

Die oorlog eindig Augustus daardie jaar met die Britte wat tydens die Pretoriakonvensie instem tot beperkte onafhanklikheid vir die Transvaalstaat. ’n Vernedering vir Brittanje.

Slag van Amajuba, 1881
Slag van Amajuba, 1881

Lewer kommentaar

Leave a Reply