Die Tweede Anglo-Boereoorlog (Tweede Vryheidsoorlog) breek uit op 11 Oktober 1899. Dit volg nadat die republieke van die Oranje-Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek die Britse Ryk beskuldig van inmenging in huishoudelike sake. Daar is ’n opbou van Britse troepe aan die grense. Die oorlog breek uit toe Brittanje wyer om die troepe te onttrek.

Brittanje het amper ’n halfmiljoen soldate in Suid-Afrika gehad, terwyl die republieke slegs sowat 60 000 man gehad het. Aan die Engelse kant het sowat 22 000 man gesterf teenoor 33 000 aan die kant van die republieke. Sowat 27 000 van laasgenoemde was mense wat in konsentrasiekampe gesterf het – ’n gevolg van die Britte se Verskroeideaardebeleid.

Die Verskroeideaardebeleid van die einde van 1900 het meegebring Britse troepe voor die voet opstalle afgebrand en vee uitgewis het op plase. Vroue, kinders en plaaswerkers is in konsentrasiekampe geplaas. Talle het mense het gesterf weens die haglike omstandighede wat in die kampe geheers het. Op 31 Mei 1902 is die oorlog beëindig met die Vrede van Vereeniging.

Smuts (in die middel op ‘n rots) saam met manskappe nadat hulle naby aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog tot in die Kaapkolonie opgeruk het.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply