James Bond, Ontbloot – Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent

James Bond, Ontbloot
Roekeloos
24 Augustus


Heinz Mödler se James Bond, Ontbloot – Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent is vermaaklik en toeganklik.

Dit delf in die verbeel­dingryke tegnologie wat in die Bond-films uitgebeeld word en ondersoek die geloofwaardigheid van die dikwels bisarre situasies waarin die held hom bevind.

Is ’n tarantula byvoorbeeld so dodelik soos Dr. No wil hê ons moet glo? Kan die menslike liggaam die G-krag waaraan hy in Moonraker onderwerp word, werklik oorleef? Is die blouring­seekat so giftig soos wat in Octopussy beweer word? En wat is die effek op die menslike liggaam van ’n oordaad rooivleis, brood en Martini’s?

James Bond, Ontbloot – Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent gee ’n feitelik korrekte, humoristiese blik op ’n magdom interessante vrae. Mödler se deeglik nagevorste antwoorde sorg keer op keer vir fassinerende resultate.

Koop / Buy James Bond, Ontbloot – Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent (eBoek) >>

James Bond, Ontbloot – Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent
James Bond, Ontbloot – Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent
James Bond, Ontbloot – Die Naakte Waarheid Agter Brittanje se Beroemdste Geheime Agent [teks] / deur Heinz Mödler — Naledi — ISBN 978-1-920654559

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply