Roekeloos
24 Augustus
Dis 1430. Vir negentig jaar voer die Engelse reeds ’n stryd teen die Franse.
Die Franse koningshuis is in ’n hoek gedryf en die geldkas uitgeput. Aangevuur deur goddelike visioene lei ’n jong herderin, Jeanne d’Arc, die Franse leër in ’n segetog om ’n einde aan die oorlog te
maak.
Haar stryd stel die Franse prins in staat om as koning gekroon te word. In die proses stel Jeanne haar egter bloot aan die Kerk, Staat en die bourgeoisie se vrees vir die mag van ’n individu. Sy word op negentienjarige ouderdom na die brandstapel gestuur en verbrand as heks.
Dié aanvegbare besluit van die Staat en Kerk ontketen ’n orgie van bloedlus in haar grootste bewonderaar en gevegsgenoot, maarskalk Gilles de Rais.
In dié opspraakwekkende drama gebruik die gevierde Belgiese skrywer Tom Lanoye historiese gegewe om as ’n spieël vir die 21ste eeu te dien en beredeneer die stelling: as die Staat en Kerk kan doen net wat hulle wil, waarom dan nie die individu nie.
Première
Met: Nicola Hanekom, André Roothman, Anna-Mart van der Merwe, Antoinette Kellermann, Dawid Minnaar, Wessel Pretorius en Stian Bam
Teks: Tom Lanoye
Musiek: Dominique Pauwel
Regie en ontwerp: Marthinus Basson
Vervaardiger: Hugo Theart, TEATERteater
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Almal
Tydsduur: 180 minute
Kaartjies: R 130
Plek: Sanlam Ouditorium, Potchefstroom
Datum: 7 Oktober 09h00, 8 Oktober 15h00, 9 Oktober 09h00, 10 Oktober 15h30 & 11 Oktober 09h00