
Daar is inskrywings van A tot Z en die lys word deurlopend bygewerk. A en B is voorlopig voltooi.
B begin by “ba-ta-clan”, ’n koek waarvan die hoofbestanddeel gemaalde amandels is en dit eindig met “bykos”.
Dit is een van die mees volledigste woordelyste van sy soort in Afrikaans. Die lys bevat ook relevante kookkuns terme uit Frans, Duits, Italiaans en ander tale. Tans word daar gewerk aan C.
Behalwe die gratis verklarende woordeboek en ’n groeiende lys van meer as 3 000 resepte in Afrikaans het Kookkuns.com ook afdelings met Wenke en Advies, Resepteboeke en ’n Wynwoordeboek.
