Bruno

Wim Hollander se Alsation wat hy ongeveer tien jaar gelede “gered” het van ‘n teler in die Vrystaat. Hierdie hond se hart is piepklein vergeleke met sy buitengewone groot bou. Klippe aandra (sommige so klein soos ‘n outydse 1 sent stuk) is ‘n groot tydverdryf.

Die Foksies

Desiree Huysamen van Bloubergrant, Kaapstad het hierdie foto’s gestuur van hulle foksies. Die onderste een se naam is Purdy. Sy is ‘n baie vriendelike hond. Sy’s mal oor die twee mannetjieskatte wat haar huishouding deel en soen hulle gereeld. Purdy het egter die probleem dat sy onderklere uitsnuffel en stukkend kou.Het iemand miskien raad daarvoor?Lesers …

Sterilisasie

Verantwoordelike troeteldiereienaars laat hul diere steriliseer. Duisende diere beland jaarliks op straat of by ‘n diereskuiling. Suid-Afrika het ‘n oorbevolking van troeteldiere en die probleem raak al groter. Hier is net ‘n paar redes waarom dit beter is om jou dierevriende te laat steriliseer : Die risiko dat jou dier siektes sal optel en versprei …