Brief aan Suid-Afrika

Die kollokwium van die Departement Afrikaans en Nederlands neem vanjaar ′n buitengewone vorm aan tydens die jaarlikse Versindaba, naamlik ′n poësievoorlesing rondom ′n tema. Hulle noem dit Brief aan Suid-Afrika.

Versindaba,Marlene van Niekerk,Allen Ginsberg,Loftus Marais,Diana Ferrus,Melt Myburgh,Petra Müller,Breyten Breytenbach,Antoinette KellermannMarlene van Niekerk het etlike digters gevra om ′n antwoord of variasie, herdigting of vertaling te skryf van die berugte gedig van die beat-digter Allen Ginsberg waarin hy Amerika aanspreek met ʼn aantal vrae, aantygings en pleidooie.

Hulle hoop om op die manier ′n platform te skep vir die verwoording van ′n wydgevoelde onrustigheid oor die toekoms van ons land en om daarmee ′n bydrae te lewer tot die gesprek oor die politieke aktualiteit.

Gaan luister na digters soos Loftus Marais, Marius Crous, Diana Ferrus, Louis Esterhuizen, Melt Myburgh en Petra Müller se briewe aan Suid-Afrika, en bring u eie gedig saam vir die oop mikrofoon. Breyten Breytenbach het ook ʼn gedig gestuur wat voorgedra sal word deur Antoinette Kellermann. Distell sorg vir heerlike wyn.

17 September
Gratis
Sasol Kunsmuseum, Stellenbosch
Versindaba 2010

Lewer kommentaar

Leave a Reply