Kleuterverseboek

Kleuterverseboek
Roekeloos

Die Kleuterverseboek sal altyd die maatstaf vir alle ander bundels met kinderverse wees. Geslagte kinders is reeds deur die gedigte hierin vermaak.

Hierdie bundel verse is die eerste keer in 1957 uitgegee, en weer in 1981 verfris, toe ‘n nuwe omslag bygevoeg is. Die temas is ook opnuut gegroepeer en word duidelik in die inhoudsopgawe en voor elke afdeling genoem. Elke afdeling begin met eenvoudige verse en word geleidelik ingewikkelder. Die leser kan dan volgens elke kind se ouderdom en behoefte besluit waar om op te hou en weer terug te keer na die betrokke tema.

Bekende skrywers wie se verse ingesluit is, is Helena Lochner, A.G.Visser, W.O. Kuhne, Anna du Raan, Pieter W Grobbelaar, C.J. Langenhoven, en C.P.Hoogenhout. Kleuterverseboek staan onder redaksie van D.J. Opperman.

Temas sluit in: “Rympies vir vingers, tone, tronies en ritjies op ponies”, “As die eerste klanke kom”, “Die ontdekkertjie se avonture”, “Terg- en uittelrympies”, “Raaiselrympies en rymspreuke”, en “Snelsêers en op-die-ketting-blaas”.

Kleuterverseboek
Kleuterverseboek

4

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply