Vanjaar se P.P.C. Imaginarium-wenners is verlede week aangekondig. Die algehele wenner was Mziwoxolo Makalima, wat ook die beeldhou-afdeling gewen het met “Doubt-Queuing”. Sy totale prysgeld was R150 000.
Kategorie-finaliste het elk R50 000 ontvang, met R15 000 vir elke tweede plek.
Die klem is op innovering in dié kompetisie en deelnemers word aangemoedig om sement te gebruik.
Die kategorie-wenners was:
FILM
Stefanus Nel – “Ben’s Ladder”
Daar was geen tweede plek vanjaar in hierdie afdeling nie.
MODE
Cara Jade Bezuidenhout – “Concrete Journey”
Tshepo Sizwe Phokojoe – “Dawn of a new epoch” (tweede plek)
INDUSTRIËLE ONTWERP
Handre de la Rey – “CS Project”
Deon de Lange – “Kilroy” (tweede plek)
BEELDHOU
Mziwoxolo Makalima – “Doubt-Queuing”
Sonwabiso Ngcai – “Emweka” (tweede plek)
JUWELIERSONTWERP
Zanele Vilakazi – “Alphga”
Aleks Ashton – “Cyberglyph” (tweede plek)
Die wenners se werk word uitgestal by die UJ Art Gallery tot 15 Junie 2017. Daarna vertek dit op ’n landwye toer na verskillende galerye.
Inskrywings vir volgende jaar se kompetisie is nou beskikbaar by www.ppcimaginarium.co.za

