Een van die beste Suid-Afrikaanse kunservarings in jare het die maand die hartjie van Bellville verlaat vir Sandton.

Daar is min plekke wat jou so ’n oorsig van Suid-Afrikaanse kuns gee soos die Sanlam Kunsgalery in Bellville. Sanlam se kunsversameling bevat meer as 2 000 werke. Daar is in 1965 begin met die versameling wat nou in meer as 14 Sanlam geboue in die Wes-Kaap en Gauteng gehuisves word; met die Bellville-galery as die kroonjuweel.

Dit is in hierdie versameling waarin Sanlam se kurator Stefan Hundt gedelf het vir die jongste uitstalling Centennial: A Century of South African Art from the Sanlam Art Collection 1918 – 2018.

Dié uitstalling spog met swaargewigte uit die geskiedenis, Maggie Laubser, Irma Stern, Gerard Sekoto, JH Pierneef, Sydney Kumalo, Cecil Skotnes, Gladys Mgudlandlu en Stanley Pinker, wat staangemaak is langs kontemporêre name soos Elza Botha, Diane Victor, Ndikumbule Nquinambe, Dumile Feni, Pauline Gutter, Adam Letch, Jan van der Merwe en Gavin Younge … om net ’n paar te noem.

Die uitstalling gaan gepaard met Sanlam se honderdjarige feesvieringe en is nou te sien die Sanlam Art Lounge in Sandton tot 15 December 2018.

Hardekoolbome, JH Pierneef (1991-3)
Hardekoolbome, JH Pierneef (1991-3)

Lewer kommentaar

Leave a Reply