Jana kom besoek haar pa en oom op die familieplaas. Die plaas gaan agteruit, en haar pa sit deesdae meer op die kroegstoel as die kerkbank.

Een nag laat hy in dronkenskap die hek oop … Die enigste ander een wat toegang tot die huis het is Sibongile.

’n Bitter relevante verhaal oor grense, grond en familie; oor plaasaanvalle en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon heel nadat hulle aan die “verkeerde” kant van die apartheidstryd geveg het nie.

Die bekroonde Melk en Vleis-span bring hierdie eg Suid-Afrikaanse verhaal op die planke.

* Debuut *

Met: Stian Bam, Albert Pretorius en ander

Regie: Marthinus Basson

Teks: Marina Albertyn
Produksiebestuur: Chris Pienaar

Bloed en bodem
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R135
Plek: Banketsaal, Potchefstroom
Datum: 2 Okt 20:00, 3 Okt 10:00, 4 Okt 15:00, 5 Okt 17:30, 6 Okt 10:00

Aardklop 2018


Bloed en bodem


Bloed en bodem


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply