Malema-skildery te gewaagd vir Bloemfontein

‘n Leerder se satiriese skildery van die geskorste leier van die ANC se jeugliga, Julius Malema, mag nie by Bloemfontein se jaarlikse skou uitgestal word nie, omdat dit “te polities” is.

Die jong kunstenaar, Alta Bonnet (17), het Malema as ‘n fat cat op ‘n (sous)trein uitgebeeld.

Volgens die leerder was sy verbaas en kwaad omdat die skou-organiseerders haar werk belet het, maar sy lag nou daaroor. Bonnet het die leier geskilder as deel van ‘n klasprojek wat die “littekens in die samelewing” moes uitbeeld.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar