Om die hasepad te kies

Om die hasepad te kies, is ‘n groepuitstalling by Die Breytenbach Galery wat uit ‘n grappie gebore is.

‘Om die hasepad te kies’ is ‘n idioom wat beteken om te vlug, maar dit het ook ander konnotasies. Hier word nie net die haas nie, maar ook die pad, die tema. Kunstenaars wat speels speel met die werklikheid. Die resultaat: ‘n klomp kunstige Pretorianers wat die hasepad kies, Wellington toe, vir ‘n prettige uitstalling.

Deelnemende kunstenaars is Talita Swart, Natasja de Wet, Guy du Toit, Marinda du Toit, Michèle Nigrini, Retha Buitendach, Diek Grobler, Liekie Fouche, Wim Rautenbach, Debbie Cloete, Hanneke Benadé, Bibi Slippers en Kobus le Grange.

Die uitstalling duur tot 10 September 2013.
Ma. – Vry. 9:30-17:00, Sa. 10:00-13:00, Son. en na-ure op afspraak.

Vir navrae kontak Anne-Ghrett Erasmus by die galery by 021 8642988 of 083 4150002 of galery@breytenbachsentrum.co.za.

Balans, deur Liekie Fouche
Balans, deur Liekie Fouche

Lewer kommentaar

Leave a Reply