Met die solo-uitstalling “Skadu’s en Lig” bring Diane Victor haar unieke stem terug na Potchefstroom.

Haar werk is die volkome vergestalting van Aardklop se hooftema, Spoke, diewe en digters. Sy gebruik byvoorbeeld rook en glas om spookagtige figuratiewe visies te skep. Dit is ongelooflik broos maar terselfdertyd ook blywend.

Sy is alombekend vir haar volgehoue poëtiese ondersoek van die misbruik van mag, misdaad en geweld in Suid-Afrika, en natuurlik die kwesbare posisie van die vrou se liggaam daarin.

Hierdie jaar bring Victor ’n uitstalling na die universiteitskampus, en ook ’n konteks-spesifieke glas-, rook- en liginstallasie.

Skadu’s en lig
Genre: Kuns
Plek: Potchefstroom
Datum: 2 – 7 Oktober

Aardklop 2018


Skadu’s en lig


Skadu’s en lig


4

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar