Eksie Ou

Jack Parow se tweede album, Eksie Ou, gaan onder sy eie platemaatskappy, Parowphernalia, bekendgestel word.

Eksie Ou is glo ‘n meer volwasse album as Jack Parow wat verlede jaar in Mei vrygestel is. Die vervaardiger is Justin de Nobrega, wat ook verantwoordelik was vir die eerste album. Verkope vir Jack Parow beloop tans meer as 50 000.

Parow maak ook weer van ander kunstenaars gebruik op Eksie Ou. Die keer is dit onder andere David Kramer, Francois van Coke, Pierre Greeff (van Die Heuwels Fantasties) en Gazelle.

Jack Parow stel ook binnekort sy eie braaisous bekend. Dit sal by alle Checkers-winkels in die Wes-Kaap te koop wees.

Eksie Ou word volgende maand vrygestel.

Koop / Buy Eksie Ou >>

Eksie Ou / deur Jack Parow — Parowphernalia, 2011. — CD — R 120.95

Eksie Ou - Jack Parow
Eksie Ou - Jack Parow

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply