Roekeloos
Die FAK-sangbundel se eerste verskyning in 1937 was ’n belangrike kulturele gebeurtenis.
Sedertdien was dit so wyd in aanvraag dat dit vier uitgawes en vyf herdrukke beleef het.
Tans word dit beskou as die mees omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en dit dien as verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies, koormeesters en skole.
Dit is voorsien van ’n register volgens liedere se titels en eerste reëls sowel as ’n rubriekindeling, waaronder vaderlandsliedere, natuurlirieke, liefdes-, kleuter- en slaapliedjies en gewyde liedere.
Bekende Afrikaanse digters en komponiste se talente word hier saamgevoeg, sowel as sensitief vertaalde Afrikaanse weergawes van wêreldwye gunstelinge.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

