Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het; vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik? Natuurlik nie. Soos met alle herinnerings is daar veranderlikes. Ewig wisselend in die album van ons geheue; altyd nuutgeskep op die doek van ons verlange, soos lewende kuns. Elke gesig wat ons onthou, word die legkaart van ons lewens, die gesig van reuk, die musiek, die liefde.
In die multimediaproduksie Gesigte word die werk van internasionale bekroonde portretkunstenaar André Serfontein tot lewe geroep deur die digitale kunstenaar Seun. Elke lewensstorie van André Schwartz word verbeeld deur die unieke gesigte wat verskyn op die skerm.
Klavier, kitaar en stem vertel liedere soos, ‘From Both Sides Now, First Time Ever I Saw Your Face, The Book of Love en The Rose . André se treffers en eie komposisies soos die kwesbare en gewilde Ek Haal Asem maak ook ‘n buiging. Gesigte vertel in beeld en musiek die eerlike herinneringe van die legio kosbare mense in André Schwartz se lewe.
Hierdie produksie is benoem as beste musiekaangedrewe produksie by die Aarklop kunstefees en sy voorloper “ My Keuse “ is benoem vir ‘n gesogte landswye Fiesta toekenning in dieselfde kategorie
Rolspelers
- Teks : Andre Schwartz
- Musiekregie : Andre Schwartz
- Regie: Etienne Puren
- Kitaar : Ruben Gerritz
- Visuele kuns : Andre Serfontein en Seun op Aarde
Sondamiddag 17 Augustus 2025 om 14:00 by Die Boer teater restaurant in Durbanville.
Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

