Helena in Kabaret

Bekroonde kabaretkunstenaar en Laureaathouer, Helena Hettema is in Maart vanjaar op toer in die Kaap met haar vertoning, Helena in Kabaret, uit haar jongste dubbel CD The Spirit of Piaf and Other French Legends (deur Sony BMG vrygestel). Gunsteling Franse musiek soos Piafnommers wat Helena al met die Kaapstadse Simfonie-orkes en landwyd opgevoer het, sowel as ander geliefde musiek word in Frans en Engels aangebied. Onder hulle is beroemdes soos Jacques Brel, Charles Aznavour, Gilbert Becaud en Frida Boccara en in Italiaans/ Engels, Paolo Conte en Albinoni se “Adagio’.

In hierdie diverse program neem Helena, wat onder die land se tien top Divas deur KykNet-kykers gestem is sowel as wenner van die SABC Geraastoekenning, Beste Vroulike Kunstenaar, haar gehoor op ‘n kontinentale reis en terug huis toe.

Helena sing ook Amerikaanse liedjies uit die sestigerjare soos die Simon en Garfunkel liedjie, “America” bekend gemaak deur David Bowie, ‘n Beatles en Bryan Ferry nommer en ander Amerikaanse legendes, Patsy Cline, Nina Simone en Marianne Faithful, word gehoor. Sy bied ook van haar mees gewilde oorspronklike musiek, soos die gewilde “Tolbos in die Wind” en “Divided Heart”, nuutgeskrewe Hettema liedjies soos “Stilettos” en “Seasons of the heart” sowel as dié van plaaslike legendes Anton Goosen, Ingrid Jonker, Chris Torr en Koos du Plessis.

Sy is hierdie week by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch.

Helena Hettema
Helena Hettema

Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar