Help om Guy Buttery se jongste projek te befonds

Binne die eerste ag dae op IndieGoGo het Guy Buttery reeds 40% van die geld wat nodig is vir sy jongste projek – tans op 44%.

Guy Buttery
Guy Buttery
Die nuwe album is Buttery se mees ambisieuse projek tot nog. Musici uit die VSA, Frankryk, Italië en oraloor Suid-Afrika gaan deel wees. Groot name op die stadium sluit in Vusi Mahlasela, Dan Patlansky, Derek Gripper en Nibs van der Spuy.

In ruil vir bydraes bied Buttery, afgesien van die musiek, jou die kans om sy dienste as musikant en vervaardiger te bekom, ’n huiskonsert, T-hemde, een van ’n eksklusiewe uitgawe plate en twee van sy kitare.

Guy Buttery is ’n internasionaal gerekende musikant en tree oraloor die wêreld op; ’n trotse uitvoerproduk vir Suid-Afrikaanse musiek. Hy het al twee SAMA’s ontvang en meer Standard Bank Ovation-toekennings as enige ander kunstenaar.

Om ’n bydrae te maak gaan na www.igg.me/at/guybuttery .

(foto: Eric Kruse)

Lewer kommentaar

Leave a Reply