#innibos Koos Kombuis en Stef Bos – BosKombuis

Koos Kombuis en Stef Bos – BosKombuis
Roekeloos
15 Mei

Die een is van Holland, die ander van hier, maar toe hul paaie een aand lank gelede op ’n sypaadjie in Stellenbosch kruis, was dit die begin van ’n hegte vriendskap wat nou uiteindelik ook op die verhoog gestalte kry.

Boskombuis is ’n samekoms van twee manne van dieselfde generasie wat weet wie hulle was, wie hulle is en wie hulle eendag wil wees. Ook waar hulle was, waar hulle is en waar hulle eendag wil wees.

Die twee woordtowenaars sing van liefde vir vroue, kinders, ’n land, ’n God, ’n lewe. Hartroerend mooi, maar nooit sonder ’n sweempie ironie nie …

Benoem as beste kontemporêre musiekproduksie by die Woordfees 2014.

Met: Stef Bos en Koos Kombuis

Genre: Kontemporêre musiek
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Venue: Sanlam Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 90 minute
Prys: R 122
Datum en tyd: Wo 2 Julie 19:00, Do 3 Julie 10:00, Vr 4 Julie 20:00 en Sa 5 Julie 13:00

innibos 2014

3

Lewer kommentaar

Leave a Reply