Die Klein Karoo Klassique 6 skop op ’n baie toeganklike noot af met ’n konsert propvol ligte klassieke musiek, musiek uit bekende musiekspele en Suid-Afrikaanse liedere.
Hoogtepunte sluit in: Johann Sebastian Bach en Charles Gounod se “Ave Maria”; “Lippen Schweigen” uit Franz Lehár se Die Vrolike Weduwee en die “Danse Espangnole” uit Manuel de Falle se La vida breve.
Met: Zanta Hofmeyr (viool), Caroline Modiba (sopraan), Louis Loock (tenoor) en Phillipus Hugo (klavier)
14 August • 18:00 • St Salvator Katedraal, Oudtshoorn • R 85 • 70 min
