Landskap / Landscape

‘n Belewenis van uitnementheid wag vir elke gehoorlid, wanneer hulle luister na ‘n konstellasie van 18
mansstemme uit die boonste rakke.

‘n Keurig uitgesoekte koor repertorium bou waardevolle brue tussen die bekende en die onbekende, eksotiese en gewilde en word op buitengewone manier met oortuiging uitgevoer onder leiding van koormusikus Rudolf de Beer. Die fassinerende kombinasie van Strijdom van der Merwe se kuns, Antjie Krog se keuse van gedigte en vier dansers vervleg met die kitaarspel van James Grace verseker ‘n aand van betowering.

Die Landskap van verskeie kunsvorme word deur die regisseur André Odendaal saamgevat. Hoogtepunte sluit in: Edvard Grieg se “I Himmelen”, Calixto Álvarez se “Lacrymosa” en Franz Schubert se Psalm 23.

Oude Libertas Amfiteater, Stellenbosch
27 &28 Januarie
Prys: R 110 / R120 / R130
Tyd: 20h15
Duur: 90 min

Lewer kommentaar

Leave a Reply