
Na meer as honderd vertonings in Suid-Afrika en die Lae Lande is die vertoning geslyp en geryp. Die vertrekpunt is en was die geboorte van sy eerste seun en die idee dat ons ‘n deel van ‘n geheel is.
Die vertoning het begin met oefenlopies in die Ou Meulteater, Paarl, en het daarna gereis langs groot venues in Europa soos Carré in Amsterdam met sy 1800 sitplekke. “Dis nou wonderlik om hier weer te eindig,” sê Stef, in die klein teatertjie in die Paarl.
29 Januarie 2012
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za.
