Die immergewilde Liefde by die Dam konsert wat elke jaar by Emmarentia Dam in Johannesburg aangebied word, maak ook nou elke jaar `n draai in die Wes-Kaap.
Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Die program sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud,`n ideale musiekbelewenis vir die hele gesin of `n lekker dag uit saam met goeie vriende.
Die Early Bird Kaartjies teen R95 nou beskikbaar. Verlede jaar het hierdie spesiale tarief kaartjies binne twee dae uitverkoop – maak seker om joune sommer gou gou te kry!
Agt bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars en groepe gaan vanjaar die verhoog behoorlik laat vlamvat: Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Early B, Arno Carstens, Majozi, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Loki Rothman. Die MC is Schalk Bezuidenhout.
Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, ook een van die organiseerders van Liefde by die Dam, sê: “Meerendal met die wynlande en berge as prentjiemooi agtergrond is die ideale venue vir ons Kaapse konsert. Hierdie jaar maak ons meer spasie vir konsertgangers en daar sal ook meer kroeg-fasiliteite wees. Kom kuier saam!”
Liefde by die Dam gaan ook hand aan hand met `n bietjie liefde gee. Liefde Wen samel na die afloop van die konsert komberse in vir minderbevoorregtes. Greeff sê: “Ons help graag ander; bring jou kombers en los dit na die konsert agter. Liefde Wen sal seker maak dit kry die regte huis.”
Daar het jy dit. Mag Liefde bly wen! Kom deel in `n heerlike, gesellige musiek-dag by die dam – bring piekniek mandjies. Daar sal ook `n verskeidenheid kosstalletjies wees.
KAARTJIES: https://www.howler.co.za/lbddcpt19
Early Bird: R95
Algemeen: R195
Kinders 3-12: R75
Kinders onder 3: Gratis
VIP: R795 – Geniet Liefde By Die Dam 2019 in styl met prioriteit ingang. Ontspan in die VIP-area met ‘n bietjie skaduwee, sitplekke en privaat toilette. Alle kos en alle drankies is ingesluit by die VIP kaartjie. Kaartjies by Howler: https://www.howler.co.za/lbddcpt19
