Nicholis Louw

“Ek is platinum! Het julle gehoor, ek is platinum?” het Nicholis Louw oorstelpt gejuig toe dié nuus onlangs in Johannesburg by Select-Musiek bekend gemaak is.

Met liedjies soos My hart is aan die brand, Ek wil my baby hê vanaand en die splinternuwe treffer Net die een vir my (saam met die smeulende kurwebênd Shine 4) knák hy treffersparades landwyd.

Nicholis is ook ‘n balladevertolker by uitstek en sy vokale vertolking van Mendelssohn se troumars op die Die Trouesokkie-album is ‘n musikale juweel.

Hy het ook diep getref met sy gospelvertolking op die album Dankie Heer!

Nicholis Louw is een van die veelsydigste vertolkers in Suid-Afrikanse musiek. Hy kán immers ook soos gewilde wêreldstingelbêndlatte, gruisstemsterre en Latynse smeulprinse klink. As sessiemusikant, wat sy eiesoortige stempel op internasionale treffers afdruk, is sy stem al oor die vyftig albums benut. Dié talentvolle lat, wat as tjjokkertjie pryse met sy orrelspel verower het, is eweneens bedrewe in polspop, rock en romantiese ballades.

Met sy viriele jeug oorrompel hy álmal wat wil luister! En hy sê: “”Al wat ek wil hê, is dat elkeen wat my musiek hoor minstens van een song sal hou. Dit is werklik al wat ek vir die toekoms hoop. En, as ek aan die einde terugkyk, is dit wat ek graag sal wil sien. Die Mercedes CL Coupe AMG wat daarmee saam behoort te kom, sal ‘n bonus wees!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply